Love Parade

Die amptelike kenteken van die Love Parade

Die Love Parade (in Duits dikwels ook gespel as Loveparade of Love-Parade) was 'n dansfees wat vanaf 1989 jaarliks (behalwe vir 2004, 2005 en 2009) plaasgevind het en met altesaam sowat twaalf miljoen besoekers sedert sy stigting die grootste dansfees ter wêreld was. Die fees is tussen 1989 en 2006 in Berlyn gehou en in 2007, 2008 en 2010 op verskeie plekke in die Ruhrgebied (deelstaat Noordryn-Wesfale).

Die 19de Love Parade op 24 Julie 2010 in Duisburg is deur 'n stormloop oorskadu waarin twintig mense dood en meer as 500 beseer is. Die ongeluk het wêreldwyd opslae gemaak. Die laaste organiseerder van die Love Parade, Rainer Schaller, het bekend gemaak dat daar in die toekoms geen Love Parade meer sal plaasvind nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search